Xanagas Botswana

Living the Gospel of the Kingdom

Gawi's Letters

Click on a Newsletter's Title and scroll down to comment or email Gawi HERE

~

Kliek op 'n Nuusbrief se Titel en gly dan afwaarts om kommentaar te lewer

of stuur 'n e-pos direk aan Gawi deur die vorm op die Contact Gawi bladsy in te vul.

~


view:  full / summary

604 se 1.6 Miljoen Kilometer diens.

Posted by G Joubert on September 27, 2014 at 8:30 AM Comments comments (164)

U kan die 1.6 miljoen kilometer diens help voltooi.

 

Geagte ondersteuners van my pa se werk in Botswana en sy nuusbrief wat nou hier geplaas word KLIEK HIER

 

Ons weet nou al vir baie lank dat my pa se Toyota Hilux nie vir ewig kan aanhou loop nie!

Die Hilux het reeds 1.6 miljoen km gery...

Daar is ernstige "wear and tear" oral sigbaar.

Sien die fotos hier:

http://xanagasbotswana.blogspot.com/2014/09/u-kan-die-16-miljoen-kilometer-diens.html

Dit was net nie meer moontlik om dit te ignoreer en net te verwag dat hy vir ewig moet aanhou nie.

Ons het 'n 2de handse Hilux gekry wat se bakwerk nog in goeie kondisie is. Die groot taak om die beste van albei te gebruik en my pa se Hilux 'n nuwe lewe te gee het begin.

Ernstige meganiese herstelwerk is nodig, om nie eers te praat van die kosmetiese werk nie. Hoe verder ons uitmekaar haal, hoe duidelikker sien mens presies hoe uitgewerk elke stukkie van die bakkie is.

Daar is 'n paar dinge wat ons gehoop het nie vervang hoef te word nie, maar ons kan nie hierdie taak suksesvol afhandel deur enige kortpaaie te vat a.g.v. 'n te klein begroting nie.

Andrè is in beheer van alle meganiese werk en Jaco is in beheer van alle bakwerk en mooimaak.

Die twee manne se arbeid is gratis.

Dit is net die parte lysie wat steeds langer word en ons tyd raak min. Ons hoop steeds om klaar te wees teen 13 Oktober.

 

Enige hulp sal opreg waardeer word.

 

Kontak Gawi Joubert by [email protected] of +26773696737

of indien u reeds sy bankbesonderhede het gebruik verwysing HILUX

 

Groete

Henda van Staden

 

http://xanagasbotswana.blogspot.com/2014/09/u-kan-die-16-miljoen-kilometer-diens.html

http://xanagasbotswana.blogspot.com/

Kom kuier 7 September in Silverton.

Posted by Gawi on August 28, 2013 at 2:40 AM Comments comments (0)



Wil net vinnig vra of jy kom saam kuier by die Pionier Museum - volgende Saterdag 7 September vanaf 11 uur?

Party het laat weet dat hulle graag sou wou kom maar woon te vêr. 

Laat weet net as jy kom asseblief - moet die bespreking bevestig met R700.

Laat weet asseblief voor hierdie naweek.

sms 0721 580 587.

Dankie!   Mooi bly.  Gawi.

Elke goeie maatskappy het die reeling met sy werkers - as jy sien iets loop verkeerd - blaas die fluitjie.

Posted by Gawi on August 22, 2013 at 3:55 PM Comments comments (0)

Joh 10:10 Ek, Christus, het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê.


Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.



    Elke goeie maatskappy het die reëling met sy werkers - as jy sien iets loop verkeerd - blaas die fluitjie.   Ons is saam in die grootste maatskappy in die wêreld - die liggaam van Christus - ons sien daar is fout - ek blaas die fluitjie.    Ek weet daar is ander fluitjie blasers ook.  Die meeste raak egter net stil weg en die kerk se liggie raak dof en gaan dood.      

     Ter wille van jou wat my nie ken nie.   Ek is Gawi Joubert, 43 jaar gelede tot bekering gekom en verkondig sedert daardie dag die evangelie.  Was nooit eintlik 'n bidder nie - wel een gebed gehad - Vader U Wil - laat U wil met my geskied.   Het 7 jaar teologie gestudeer en is beroep woestyn toe, waar Hy nou nog vir ons sorg.    Sendingwerk onder die Boesmans en leef afgesonderd van kerk vir 24 jaar.  Lees geen Kerk Bode of koerant of TV nie - net as ons met verlof in RSA is.  

    Ek gaan probeer kort wees.  Ek sien 2 foute in die wêreld.  Albei met brood te doen.  Jesus leer ons bid vir ons daaglikse brood - mense besoedel dit met gif en kanker neem sorgwekkend toe.  Gaan nie nou verder hier oor praat nie.  Wel later.

    Groter probleem het met die geestelike brood wat ons eet te doen.   Moses en Jode in woestyn ken nie eers God se Naam nie - maar Hy ken hulle - openbaar Hom aan hulle as Ek Is Ek Is en red hulle.  Henog wandel so met Christus dat hy nie kon sterf nie.  

    1 Samuel 8 vers 7 lees ons van Israel wat God verwerp.   Gaan lees dit asb.   Van hier af sit ons met God ons Vader se plan B.  Hy is Liefde en help - maar dis nie wat en hoe Hy eintlik wou nie.

    Hebreërs 10 vers 5 en 6 sê Christus - Vader U wou nie brand offers hê nie - U het My 'n liggaam voorberei.    "...You prepared a body for Me..."       Dis nou hier waar U en ek in kom - ons is Sy liggaam.

    Jesus Christus se evangelie van die Koninkryk van God, rondom en in ons is totaal anders as die evangelie wat verkondig word van verlossing - glo in Jesus - jou sonde is vergewe....... 

    Feit is - daar is 2 evangelies in die Bybel.      Paulus en Gamaliël het vir 14 jaar gesukkel om Jesus Christus met die Ou Testament te versoen - hulle het hul bes gedoen, maar 'n ander evangelie as wat Jesus verkondig het - is begin verkondig.    Ons sou ook soos Paulus opgetree het.   Bless Paulus en die dissipels.

     Dit maak ons boodskap kragteloos.   Mense beleef God die Vader en hoor ander goed van die preekstoel af, is verward en los die kerk, want verskillende kerke en selfs verskillende gemeentes in dieselfde kerkverband verkondig nie dieselfde boodskap nie.

    Ek het lank die kruis verkondig in plek van Christus.  Daar is 'n groot verskil.

    'n Ander groot misverstand is satan.  Ek glo Job, een van die oudste boeke in die Bybel het die waarheid geken.  Satan is en was absoluut onder beheer van God die Vader, hy vra toestemming om Job aan te raak - hy is soos 'n hond aan 'n ketting - tot hier toe en nie verder nie.  Hy is leuen.  Ons leuens gee hom krag en 'n illusie van werklikheid.  Heb 2:14 sê hy is tot niet gemaak.     

    Tot so 3 jaar gelede was Jesus vir my wonderlik, maar 'n terloopse figuur - dit wat Hy leer nie baie NB nie -  ek het dit nie verstaan nie.    Weet jy wat beteken Koninkryk van God?

    Hy het my oë oopgemaak met Christ's Letters   www.christsway.co.za

    Saterdag 7 September 2013 vanaf 11 uur, net na die Boere Mark kuier ons saam by Pionierspark Museum in die Lapa by Silverton.   Daar gaan stir fry brunch wees die hele dag.  Jy kan selfs net kom groet, baie van julle is net name op my adres lys.   Kom asseblief.    Vra jou vrae.   Ek gaan vertel van die projek en die werk en,  en,........???    Jy kan 'n bordjie whatever bring om te roer.  Dina sal wyn op die tafel sit.   Welkom!!    Bel asb as jy kom  -  0721 580 587    WELKOM!!!!

    Ek is vanaf 28 Augustus in Pta,  No-tilling konferensie, Bergville, ens. en onthou Sondagaand 8 September by Skuilkrans NG.

    Baie vra die 5 gebede.  Hier is dit sommer vir jou ook.    Druk dit uit.   Leer dit.   Maak dit jou eie.  As jy lê en rondrol en worry - laat die Woorde jou gedagtes vul.    Of .....delete dit net.   

    "Take every thought captive and make it obedient unto Christ."   2 Kor 10 vers 5   

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!
    

Gisteraand toe ek gaan slaap.

Posted by Gawi on August 19, 2013 at 9:55 AM Comments comments (0)

Joh 10:10 Ek, Christus, het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê.
Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.

    Gisteraand toe ek gaan slaap was my keel krapperig.   In die nag word ek wakker van SEER keel.   Ek suig heuning en bedink - bid - mediteer die onderstaande woorde.   Ek Weet toe dat as ons Vader in my en rondom en agter my is - dan is hier mos nie plek vir die seer keel en sinus nie en dat Hy op ons wag om hierdie groot Waarheid te sien en te erken.   Dit veroorsaak dan dat Joh 10:10 waar word  - dat ons Lewe en Genesing ervaar.   Ek het iets uit gekig, my neus geblaas en Glory!!    Ek is gesond.   Kan nie wag om my PSA telling te toets nie - toemaar ek sal my homopatiese pille aanhou drink - dis mos kos.

    Nou die goeie nuus - kom ons vertrou Hom vir volkome genesing vir jou ook - moenie dit wat jou pla se naam noem nie - dis nie nodig nie - Hy weet.   Netnou sê jy net A en dan wou Hy jou van B,K en L ook genees.

    Ek het 5 sulke woorde, dit pas op een A4.   Laat weet as jy dit wil hê.   Leer dit uit jou kop uit - maak dit jou eie - dan bid jy sonder ophou.   Ek sukkel om dit in Afrikaans te vertaal.                  

    CHRIST JESUS - I know it is Your will that human life - my life - must SPEEDILY be lifted up - to see what You saw in the desert.
You saw - and I see now - that You - my Father - Reality of Life - is beyond, behind and within all existence.
    NB!! You said: "When this great truth is both perceived and warmly acknowledge - the Reality of Life will begin to manifest Himself in many ways in every living thing and in the environment."
    The experiencing of Abundance and Joy will re-enforce the consciousness of Abundance and Joy and so a spiritual spiral of evermore exalted, abundant and wonderful living will be set into motion.
    Thank you Father - Danki Jesu.      

 
     Vader - BLESS die persoon wat hier lees NOU met die Weet dat U Hier, rondom en in ons is.  Dankie Vader dat U Genees.
    
Dina is in Pretoria

Dankie!!!

S. O. S. Vervoer vir Boesmans in New Xanagas.

Posted by Gawi on August 14, 2013 at 4:10 AM Comments comments (0)

Joh 10:10 Ek, Christus, het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê.
Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.


+    Die mense, meeste Boesmans, in New Xanagas bid saam vir vervoer.  Hulle woon afgesonderd - 38 km van die teerpad af en wag ure vir 'n lift teerpad toe of terug.  Dit gebeur baie keer dat die donker hulle sonder 'n kombers onder die boom vang waar hulle wag.
+   Dan wil 'n span daagliks vir die ou mense en gestremdes iets vat om te eet en hulle bedien.
+    'n Voertuig om brandhout of pale te gaan haal - ek of die Glory Lorry is nie altyd daar nie - is regtig nodig.

Die antwoord op die nood is 'n BUV (Basic Utility Vehicle) wat in Potch gebou word.  Dis 'n 3 wiel voertuig met 'n diesel Toyota enjin - sonder 'n ratkas - werk met 'n band -fan belt - 25 km per liter en kan so 20 km per uur ry.  Dis eintlik 'n baie goeie meganiese donkiekar wat enige sleepwa kan trek en nie moeg word nie.  As die vrag te swaar is gly die belt net.   Omdat dit nie 'n tru-rat het nie - hoef / kan dit nie gelisensieer word nie - dis plaas toerusting.   Dis 100% geskik vir ons doel.

Dit kos R90,000 - ons sal natuurlik 'n sleepwa ook moet kry.   Ons begroot vir so R100,000 plus - transport hiernatoe ens.    "Dankie Vader vir U Wonderlike Voorsiening."


Ek preek Sondagaand 8 September 2013 in Skuilkrans NG Kerk.  N4 Witbank toe, Watermeyer links, 1ste pad links, Kerk is 300 m regs.   Sien jou daar!   Tema:  "Soek eers die Koninkryk..."

        Vader - BLESS die persoon wat hier lees NOU met die Weet dat U Hier is.  Dankie Vader dat U Genees.
    
Dina is in Pretoria, help Jaco met Afr en Eng vir matriek eksamen.     sel 0767 556 348

Een van die 4 manne wat van die ou klere gesteel het, het bekeer en saam met ons nagmaal gebruik.

Posted by Gawi on July 3, 2013 at 9:30 AM Comments comments (0)

 
"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)



    Een van die 4 manne wat van die ou klere gesteel het, het bekeer en saam met ons nagmaal gebruik.   Alles werk mee ten goede wie U lief het.   Die klere het by die regte mense uit gekom en die ander 3 sal ook in U Lig begin wandel - glo ons.

    GLORY !!  Die Glory Lorry se kompressie pomp het presies op die regte plek gebreek - dat ons dit kon uithaal - Gobabis toe vat om te laat reg maak - gaan dit more haal - Dankie Vader vir die nodige fondse.

     Ek geniet spanne wat kom uitreik - kon 'n huisie vir 'n gestremde vroutjie bou - skole besoek - met kinders gespeel - dvd's in aande gewys - 'n veepos besoek en 'n hek vir 'n Herero boer sweis - dit het gehelp dat hy later baie aandagtig geluister het na die goeie nuus - nie meer so skepties soos toe ons daar gestop het nie.

    Ek is tans op 'n 30 dae anti-biotika kursus - heeltemal teen my grein - ek bless elke pilletjie - middel Julie toets ek weer PSA - indien nie normaal, gaan prostaat verwyder word soos 'n vrot tand.   Dankie vir die hand vol van julle wat 'n mediese hospitaal fonds vir my en Dina geskep het en in stand hou.  The Lord Bless you!!

    Ek moet een of ander tyd - so gou moontlik 700 mopanie pale naby Maun met die Glory Lorry gaan haal - Dankie Vader vir fondse vir pale en diesel.   Die pale word gebruik om skadunet en plastiek huisies vir ou mense te bou.  Dit help mens om op 'n heeltemal ander vlak by die mensies uit te kom.

    Dis vir my wonderlik hoe ons Vader weet wat ons nodig het - ek het 'n spesifieke bedrag nodig gehad - dit vir geen mens genoem nie - en Hy het dit voorsien.  Dankie Vader.

    Dina is gevra om haar boek in 'n drama te verander.   Sy is hard besig.  Stuur groete.

    Patricia Steenkamp - sms asseblief jou sel nr of epos adres vir my.  DANKIE!!
 
Onthou die Desert Flower Walk / Run - 9 vir 10 Aug  LIMITED ENTRY!!

        Vader - BLESS die persoon wat hier lees NOU met die bewustheid van U Teenwoordigheid.  Dankie Vader.  Genees.

Terwyl ek bestuur het die Heilige Gees vir my Daniel 2 oop gebreek.

Posted by Gawi on June 15, 2013 at 9:35 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)


   Terwyl ek bestuur het die Heilige Gees vir my Daniël 2 oop gebreek.   Die beeld wat Nebukadneser gesien het, verwys nie na fisiese koninkryke nie maar na geestelike koninkryke - na godsdienste - sommige gelowe het meer waarheid in - beter metale - ander meer vals dogmas en rites en leuens - meer klei.   Alle godsdienste soos Islam, Hindu en vals christelike gelowe gaan verdwyn - stil stil - nie met 'n slag nie - soos offers in die tempel opgehou het.  Die Rots - Christus - die Koninkryk van God - van die hemel - gaan almal en alles vul soos Habakuk 2:14 ook duidelik sê - "..as the waters cover the sea.."    Nuwe wyn kan natuurlik nie in ou sakke - strukture - gegooi word nie.  Ons lewe in interessante tye.

    Ek is nog in Gauteng.  Amper klaar om terug te ry.

Kon genoeg skadunet koop vir 3 huisies, Manie hulle bring ook - ou tonnel plastiek kom van Vredendal af - Dankie Vader!!    

Vandag is lang dun bloekom latte op my lysie - Dankie Vader vir fondse.

Dankie vit 2 rolstoele - GLORY!!

'n Gas stoof is ook op pad. Dankie!!

Die vergaderings het goed afgeloop - neem tyd vir alles om oop te vou.

As ek in jou oor kan fluister - die water wat in ander goed soos petrol en,.. en.. kan verander is bietjie laag.  Wag op ons Vader se invloei.

Dina se matriek student vorder - Romeo en Juliet lê nog voor.  Bel haar by 076 7556 348.

Onthou die Desert Flower Walk / Run - 9 vir 10 Aug  LIMITED ENTRY!!

        Vader - BLESS die persoon wat hier lees NOU met die bewustheid van U Teenwoordigheid.  Dankie Vader.  Genees.
    
Dina sel  076 7556 348
Gawi       0721 580 587

Jesus will pay me.

Posted by Gawi on June 3, 2013 at 5:55 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)


    "Can I help you?"  I don't have money to pay you."   "Jesus will pay me."   Ek ken die man van geen kant af nie.  Ons was besig om 'n 2 vertrek pastorie vir Oster en Two Bob te bou - die manne wat my help was besig om 'n bok te slag en ek het alleen gewerk toe die man daar aankom - was juis op 'n punt wat 'n sloot rondom gegrawe moes word waarin die skadunet muur gaan en toe gegooi word.   Dankie Vader - U voorsien altyd op die perfekte tyd.  Toe hy klaar is - toe loop hy - ek roep hom toe terug en gee hom 'n handvol amandels.   Hy het natuurlik ook die Goeie Nuus van die Koninkryk in en rondom ons gehoor.   'n Nuwe broer in Christus.   Jy moet kom kyk - hulle sê "What a beautiful house."  Gebou in 4 dae met min geld - duursaam.  My kollega en sy vrou se extended familie het hulle uit hul huis geleef - hulle moes in 'n tent en partykeer voor in 'n Ford slaap as vriende kom kuier.

     Hier is 'n gestremde vroutjie, wat ook nie kan praat nie, wat onder 'n boom slaap - wat swanger geraak het - het haar 'n tent geleen - koue kom - wil einde van maand vir haar ook 'n huisie bou as Witfield NG uitreik diekant toe.  Hulle bring skadunet.

    Ek is besig om 'n Tour door AfriKa te reël vir my.  Laai more - 3 Junie vir Dina af in Whk - Henda hulle laat haar kom om klein groot seun Jaco met Romeo en Juliet te help in sy matriek eksamen.

    Ek koop swart plastiek in Gobabis om huisie klaar te maak. Donderdag slaap ek in Gaborone by Frank Taylor en Toe-Val-Lig slaap daar 'n Prof Kealy ook by hom wie 'n kundige is op die gebied van Agro Forestry - 'n Goddelike ontmoeting gereël deur Hoofkantoor.   Agro Forestry is mos die fondament van die projek.

    Ontmoet vir Jacobus Smuts om solar kampe vir bees en melk bokke te bespreek in Gaborone - Don of Vrydag.

    Sê Dankie vir ontmoeting met President van Botswana - weet nog nie wanneer nie - om projek te bespreek.

    Sondag 9de in Gauteng beskikbaar om in jou gemeente of sel groep te wees - laat weet waar.

    Maandag 10:10:10 vergadering met OM se leiers in Pta.   Hoofkantoor het duidelik in 'n droom gesê dat ek moet gaan.

    Week besig met vergaderings oor projek en met boere.......en......en laat weet dan gesels ons iewers.

    Ek gaan mobiel wees - slaap waar ek kom.

    Ry met 604 - die bakkie met meer as 1 miljoen km - soos Israeliete in woestyn se skoene nie deurgeloop het nie - so hou die bakkie - Dankie Vader.

    Moet baie 3.6 meter bloekom latte koop vir huisies se dakke - laai dit op bakkie se dak.

    Staan daar miskien 'n bruikbare rystoel onder stof?  Twobob se ma bid vir een.

    Cadac gas stofie?

    Anja van Stilbaai wil DV vir 3 mde tydens haar gap jaar - na matriek - New Xanagas toe kom.   Sy kom saam met my terug van Pta. af.

    Wil jou kind nie ook kom nie?

    Indien daar enige water oor is in sending budget - weet jy wat om te doen.

Onthou die Desert Flower Walk / Run - 9 vir 10 Augustus 2013.

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!
    
Dina sel  in Pta 0767 556 348

Gawi + 267 713 698 57 of  + 267 73 696 737    of    0721 580 587           http://xanagas-com1.webs.com/


Die Here voorsien en laat die wiele draai deur donasies vanaf vriende en familie.  Indien jy met Vreugde en Vrede ook 'n deel van jou sending budget hiernatoe wil laat vloei - Welkom !!
Dankie!!

Heilige Grond

Posted by Gawi on May 24, 2013 at 7:00 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)

"Moses, Moses, (Piet, Beatrix, Andre, en jy....) trek die skoene van jou voete af - die grond (die kombuis, die kantoor, die plaas) waarop jy staan, is heilig."   Ex 3 vers 4
     Dit was nie NET die grond by die brandende bos wat heilig was nie.    Ons Vader - God is daar by jou, rondom jou en in jou - weet dit - glo dit en Hy is heilig - jy is in Sy teenwoordigheid - oomblik na oomblik.

     Die profeet Sagaria in 14 vers 20 en 21 stem saam dat die klokkies aan die perde en elke pot in die kombuis heilig is vir die Here.  ( Perde was vir die Jode die mees onheilige ding, hulle het oorlog gemaak en gemoor met hulle.)           

    
    Jy hoef nie nou regtig jou skoene uit te trek nie - WEET net - jou kombuis, of waar ook al jy nou en altyd is, is heilig - jou Vader is daar in Sy volheid.    Hierdie Wete sal mos bepaal hoe jy met jou vrou, kind, elke mens wat jy ontmoet praat en handel.

     "Vader - Heilige Gees - BLESS my vriend Nou, Genees, Beskerm, Versorg, Wysheid - openbaar U Self nou. Dankie Jesus."

    Jy sal saam stem - dat wanneer jy die Koninkryk van God eerste en altyd soek en saam met Hom Lewe en in - clutch met Sy planne vir jou - dan gebeur wonderwerke.

    Wonderlike dinge op die projek en ander fronte het gebeur sedert ons laaste geselsie.  Jy sal maar moet kom kuier dat ons langs die vuur kan sit en luister na wat Hy doen.

    So 'n paar:
  +  Ons Vader laat bou 'n water ontsouting aanleg by Swakopmund - in die Namib woestyn - vir R300 miljoen en dan gee die bouers die 2 meter stroom water - 'n pyp so breed soos ek, ek is gelukkig so lank - om te gebruik.  Nou gaan die woestyn blom. Jes 35.
   +  Ons hoor van 'n instansie in Amerika wat PRESIES doen wat ons wil doen - hulle bou die toerusting en fondse raak los.
   +  R30 m beskikbaar om te gebruik as deposito om fondse in Botswana te kry om projek by Xanagas en New Xanagas te begin.
   +  Elke Rand wat ons uit ons Vader hand via jou hand ontvang - bly vir ons 'n wonderwerk.
   +  Die Woensdae en Sondae jeug byeenkoms by Xanagas by die koshuis bly 'n wonderlike geleentheid.

Onthou die Desert Flower Walk / Run - 5 vir 6 Julie.

     Dis mos volmaan en ek en Dina is by haar volmaan huisie by New Xanagas.   Het dit altyd Honey Moon en nie Full Moon genoem - deesdae met PSA van 9.4 vergeet 'n ou van heuning - net die Liefde bly oor.   

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!

Die projek begin !! Uitdaging op oomblik. Om Maandag 13 Mei 2013 te weet wie...

Posted by Gawi on May 11, 2013 at 12:15 PM Comments comments (0)
BUSH ENERGY (Pty) Ltd. vorm 'n  joint venture met aiREG (Pty) Ltd.


Doel:  Om bekostigbare hoë kwaliteit kos soos bees vleis met Omega 3 en groente en melk en...  en....  en houtskool en elektriese krag  te produseer op velde wat skoon gemaak is van indringer bos en terselfdertyd die baie arm sand grond van Namibia en Botswana te verbeter deur Prepaired Carbon - misstof van houtskool, calcium, fosfaat, sitrus pulp. ghwano, houtskool as, ens. wat ons gaan produseer en toedien.   Die bos gaan in Noord Suid stroke geoes word terwyl 'n Agro Forest en soet weiveld geskep word terwyl ons rentmeesters is.

Uitdaging op oomblik.   Om Maandag 13 Mei 2013 te weet wie is die tegniese / kundige span van Bush Energy wat aiREG gaan help om die ding te doen.

"Take up agreements" is reg - kontak my vir meer info.

Ek het deur die jare saam met baie van julle 'n pad gestap - nie moontlik om individuele briewe nou te stuur nie.

Vraag:   Sien jy jou self deel van die span?   Kontak my so gou moontlik.  Sal vertroulik hanteer word.

Wat is jou veld van kundigheid in een of 2 sinne?   Moet nie nou CV stuur nie.  Sommige sal moet verhuis.  Onthou ons woon in 'n Global dorpie.

Die hoof kantoor van aiREG is in Swakopmund.

Ons bid al 2000 jaar -  "Laat U koninkryk kom, soos in die hemel, so ook op die aarde......."   Dit gebeur.  Wonderwerke gebeur.  

Ek wag vir jou brief.   BLESSINGS!!   Stuur die brief vir jou vriend wat iewers in die wêreld sit en wag vir die brief.



Vader, ek vra dat U, U Self NOU aan die persoon wat die briefie lees sal openbaar.

Posted by Gawi on May 10, 2013 at 5:05 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)


    "Vader, ek vra dat  U,  U Self  NOU  aan die persoon wat die briefie lees sal openbaar.  

Ek weet dat dit U wil is dat h/sy volkome in U lig sal lewe - dat ons bewus sal wees van U teenwoordigheid binne en rondom my.  Ek weet en dis waar en moontlik."

    "Laat U koninkryk kom - op die aarde rondom hom of haar - soos in die hemel"

     Die probleem / uitdaging waarmee h/sy nou sit - gee ons saam vir U - ons weet - altyd, altyd,altyd - ten volle, besef en verstaan ek dat dit net iets is in my skool op aarde en dat ons U - ons Vader wie elke probleem oplos op die volmaakte manier en my vriend sal op lig - buite bereik van paniek en pyn.  Dankie Vader.   Dankie Jesus deur die werk van U Heilige Gees.

     Bless my vriend wat die volgende woorde geskryf het en maak hom of haar 'n Blessing:    

Is dit net vir my gestuur?  Dankie Gawi, dit nou regtig nodigDankie vriend. Mag jy ook die Here se teenwoordigheid en versorging beleef
Dankie  Ons sien baie uit na ons uitreik in Julie. Dankie, jy weet nie hoe nodig ek dit juis op hierdie oomblik het nie. Ek is so bly jou ore is oop vir die Here se stem. Baie dankie, Gawi, ek het in die nagtelike ure gelê en gesels met my Vader en Vriend en gekla oor die lewenstempo en –verpligtinge wat so vinnig en baie geword het dat ons nie kan bybly nie en weer besef toe ek vanoggend jou briefie lees, Hy weet alles, Hy is alles en ons kan dit maar aan hom oorlaat om “by te bly.  
Ons trek op die oomblik swaar in Ellisras agv. die aanhoudende stakings by die kragstasie. Groete.

 Dankie.  – het dit nodig gehad     Baie baie dankie, ek waardeer !!!!      Baie dankie vir die boodskap - watter bemoediging is dit nie – Baiie sterkte vir al julle besluite en reelings – Mag God julle seen met sy krag en sterkte           

 ek het 2uur wakker geword en vir so iets gevra      
  Mag jy en Dina ook vandag en elke dag Sy teenwoordigheid in GROOT MAAT ervaar!

Dis of ek net meer en meer bewus word van die heerlike waarheid. Christus in ons rondom ons, wat dit behels
Dankie Vader dankie Jesus
Hy spesialiseer in probleem oplossing. “  Whow!!   Seën ook vir julle!
In die kol vir my en my vrou.   ....die bemoedigende woorde en dit in my eie taal, maak net soveel sin.

Jer 32:40-41I will make an eternal covenant with them. I will never stop doing good things for them, and I will make them fear me with all their heart, so that they will never turn away from me. I will take pleasure in doing good things for them, and I will establish them permanently in this land.

 Og baie dankie. Hierdie sal ek onthou.    Duisende dankies, Gawie.   Ek het hierdie sekerheid baie nodig voor môre se rugoperasie.

Soli Deo gloria!     Dit is 'n wonderlike gedagte en dat jy dit met ons deel. 

Mag jy ook met elke asemteug onthou dat Hy in jou woon en met elke uitasem weet jy kan jou behoefte voor Hom lê. Konsentreer daarop terwyl jy ontspanne sit, met jou handpalms na bo, gereed om te ontvang.


Hierdie boodskap is beslis vir my Vanoggend. Ek.......Vanoggend word ek wakker met hierdie rekenaarprobleme in my kop en ek vra Onse Hemelse Vader om hierdie probleem vir my op te los. Dis sopas opgelos! Groete en seenwense,

Ek is Vrydag 3 May vir n kanker melonoom aan my linker bo arm geopereer. Het van dag die uitslae gekry. Limfkliere is skoon en kanker is verwyder.
 

Dankie vir jou gebed boodskap   Baie dankie hiervoor. Dit het reeds vir my baie beteken. Seenwense

Dankie my Vriend.   Blessings ok daar    ..... ek het dit so nodig gehad

Ek het vanoggend wakker geword met die behoefte om vir jou te bid

Posted by Gawi on May 8, 2013 at 6:00 PM Comments comments (0)


"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)





   
Ek het vanoggend wakker geword met die behoefte om vir jou te bid en te bemoedig.  

Raak net bietjie stil en sien die prentjie - die situasie - van die volgende teks.   1Cor. 10:4  ".....en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus."

     Die Jode saam met Moses in die woestyn.  Geen water.  Geen kos.  Vader voorsien.  Water uit die rots.  Manna en kwartels.

    Christus was toe met groot respek gesê - fisies daar.  Die Rots.  Hy volg hulle.  Hulle drink Hom.

    Christus is nou NET SO daar by jou.   Drink Hom.   Wees bewus van Vader se teenwoordigheid.  Nou.  Gee daai probleem vir Hom.  Hy spesialiseer in probleem oplossing.  

    Verheug jou in Hom.    "Vader, openbaar U self aan hierdie dierbare vriend van my, dat hy of sy U TEENWOORDIGHEID nou op hierdie oomblik sal ervaar, in hom en rondom hom.   Dankie Vader.  Dankie Jesus."   
         
                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!
    

Kom ons sit nou langs die vuur en gesels

Posted by G Joubert on April 19, 2013 at 7:50 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)




   Kom ons sit nou langs die vuur en gesels oor jou satans begrip.  

Hulle praat van 'n God's begrip - dit beteken, hoe sien jy God, waar is Hy, ens.  

Nou wil ek 'n klip in die bos gooi en vir jou vra:  Hoe sien jy satan?  Wie is hy? Leef jy in vrees vir hom?  Om die vraag te help antwoord wil ek graag my satans begrip met jou deel wat ek die afgelope 42 jaar het sedert ek in die Lig van Christus begin lewe het. 

   In die boek Job lees ons 'n groot waarheid.  Job is een van die oudste boeke.  Hy het 10 teen een saam met Noag geleef voor die vloed.  Lees asseblief self hoofstuk 1 en 2.   Daar vind 'n vergadering tussen God ons Vader en engele plaas.  jy ken die geskiedenis.  Ek wil dit kort hou - weet jy het nie baie tyd om te lees nie.  Job 1;12 sê ons Vader - Hy gee satan - die aanklaer - toestemming om Job te toets - maak wat jy wil, MAAR raak nie aan Job nie.  Later gee Hy hom toestemming om aan Job te raak, maar hy mag Job nie dood maak nie.  God is in beheer.  Job is regverdig.  Hy leef in die lig.

    Dis duidelik dat satan soos 'n hond aan 'n ketting is.  Vrees jy 'n hond aan 'n ketting? Nee.  Maar moet nie naby hom gaan nie.  Petrus praat van die satan wat soos 'n brullende leeu rond loop.   Wanneer mens in die donker leef, in leuens en nie vergewe nie, ens. - leef jy te naby aan die hond aan 'n ketting.   Mens maai wat jy saai.   Saai Liefde.

    Die pad na die Lewe is inderdaad nou.   Jy kan die naam Job vervang met jou naam.  God ons Vader het nie verander nie.   Moet nie vrees nie.   Emmanuel - Hy is saam - met - in - rondom jou - Hy bless jou om 'n blessing te wees soos Abraham en Job toe hy vir sy vriende begin bid het in Job 42.

    Toe ek gisteraand petrol ingooi kom 'n jong man, wat op 'n plaas naby ons boer na my en sê:  "Pastor, I prayed to meet a missionary.  I want to work with you......."     Len en Jan Wessels ken hom, sy naam is City.  Len van Word to Africa het hom opgelei en hy het saam met Jan gewerk.   Hy gaan my nou help om die Koninkryk te laat kom - soos in die hemel - so ook op die aarde.  GLORY !!  

    Die Boesmans bou mos huisies met pale en bedek dit met gras wat elke jaar vervang moet word, anders lek dit en die son skyn deur - dit het goed gewerk toe hulle rond getrek het.  Ons bedek die huisies van ou mense met 'n laag swart plastiek en skadu net.  Die net beskerm die plastiek teen die son.   Vandag is dit Katry se beurt.   ELKE keer - as Katry in die kerk kom, gaan staan hy voor die kruis en bid hardop - maak nie saak of hy laat is of nie.

    Ek wil saggies in jou oor fluister - die projek begin in Namibia en sal op ons vader se tyd oorspoel Botswana toe. 

    Kous, 'n ware moderne profeet van God - het aan gegaan huis toe - hy het serebrale malaria opgedoen in Malawi terwyl hy en Johan daar bedien het.  Vader seën Engela asseblief en dankie dat U vir haar sorg soos vir die mossies.
        
                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!

Dis nou die tyd om behoorlik te begin boer.

Posted by G Joubert on April 13, 2013 at 5:15 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 
Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)




    Die Boesmans wat op plase rondom Xanagas gebly het, het in die 70 ger jare na die Sending gekom en hulp gevra om hul eie plaas te bekom.  Na baie gebed en onderhandelinge en 5 jaar se water boordery het die droom waar geword in 1983.  In 1986 is 'n stuk grond va 12 km by 40 km - omtrent 40,000 hektaar omhein.  New Xanagas is 'n unieke plek.  Hulle het beeste en bokke by die regering gekry en begin boer met EEN water drink plek.   Dit werk nie.  Die grootste probleme is bestuur en fondse.    Die Here het my in 1988 hierheen gestuur.

    Ons glo dis nou die tyd om behoorlik te begin boer - dat hulle nie net hoef te glo nie - maar ook kan beleef dat hierdie woorde waar is:  Joh 10:10 Ek, Christus, het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.  (AOV - ek het volgorde net herstel.)

    Die plan is om kampe te maak en met solar krag dit te elektrifiseer - natuurlik boor vir nog water.  'n Boer van RSA wil 'n stuk grond naby aan ons huur en een miljoen Rand beskikbaar stel om die eerste kampe te ontwikkel.

    Ek wil graag vir die Kgosi (hoofman) en van die ander leiers gaan wys hoe die stelsel op 'n plaas in Botswana werk.

    My budget is bietjie laag - is daar nie nog bietjie water in die sending kruik vir petrol, kos en akkommodasie nie, sal probeer om soveel moontlik te kamp?!  Wil so gou moontlik ry met die spannetjie.  (Nou net met Jacobus, die boer gepraat, sal eers in Mei gaan - ek gee solank die inligting deur vir jou.)

    Dit gaan goed met Two Bob - het 84 en 75 % gekry vir haar eerste 2 toetse.  Dankie dat jy haar nie vergeet nie.         

    Dina het KKNK baie geniet, gaan nog goed met my Ma dankie.

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!

Toe is ek net dankbaar.

Posted by G Joubert on March 18, 2013 at 6:15 PM Comments comments (0)

 

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 

Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)




    Gisteraand toe ek weer voor 'n stampvol kerk hier in Xanagas die Jesus Film in Xun of Kung of Koukou - een van die 13 Boesman tale - wat van mekaar verskil soos Afrikaans en Russies wys - toe is ek net dankbaar.   Dankbaar vir hierdie unieke plek in die wêreld - die enigste plek waar 'n kerk op skool grond, langs 'n Boesman koshuis is.   Wat 'n wonderlike en strategiese plek.  Die Heilige Gees het die Sending kommissie van die NG Sinode van Suid-Tvl van die destydse NGKA wonderlik en helder gelei om die werk hier te begin.

    Ek kyk die kerk bankies - net 'n plank op 3 pale so - hulle is al deur geslyt - die harde jaar ringe maak sulke diep groewe van al die kinder boudjies wat die afgelope 24 jaar hierop gesit het.  Om ook die versekering te hê dat die saad - die Woord wat gesaai word nie leeg terug kom nie - soos hierdie pragtige, sagte, vol van die Heilige Gees onderwyseressie wat nadat sy jare gelede hier gesit het - weer terug is om voort te gaan om te saai.  GLORY !!

    Dankie - jou aandeel is groter as myne.  Jy bid en gee en saam is ons medewerkers van God ons Vader.   He BLESS you!

    Dankie vir die positiewe reaksie oor die voorgestelde Hospitaal Plan by Discovery - ek gaan vandag die finale paaiement kry - hulle wou my met 50% penaliseer omdat ek so laat wil aansluit.  Ek het toe al die inligting van al die jare wat ek 'n mediese fonds gehad het, in die polisie en Johan Fouche wat my op sy mediese fonds gehad het tot 3 jaar gelede - vir hulle gestuur.   Dankie vir Henda 082 872 6333 wat help met haar bank rekening.  DANKIE!!  en GLORY !!

    Ek gaan nou iets vinnig noem - sodra die groot projek begin - gaan jy JOU bank info vir my stuur en dan stuur ek vir jou water om mee te doen wat jy wil - self gebruik of te saai waar nodig.  Ons praat weer.

    Ons gaan vinnig KKNK toe.  Dina se ballet storie is klaar - ons laai dit af by die ballerina in Clarens.  Ek gaan my jaarlikse kuiertjie by my ma in George bring.   

  

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!

    

'n Hospitaal-Plan vir Gawi-Hulle/ A Hospital Plan for Gawi and Dina.

Posted by G Joubert on March 6, 2013 at 7:40 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 

Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)


  Ek is in Pta.  My prostaat telling is op na 8.5.   Ek glo dit is nie kanker nie.  Dr's wil  'n biopsie en allerhande duur dinge doen.   Ons sit alles eers op ys.    Henda skryf die briefie:

My ouers leef gesonder en is fikser as baie van ons hier in die “beskawing” met ons gejaagde lewens. Ongelukkig weet ons almal dat dit nie kan waarborg dat hulle nooit hospitaal behandeling sal nodig kry nie. Soos ons nou weer herinner word deur my pa se telling wat baie hoog is. Ons het vir hom voorgestel dat ons vir hulle ‘n hospitaal plan kry. Discovery se Core Classic dek basies privaat hospitaal behandeling sonder enige van die dag to dag dekking wat mediese fondse baie duur maak. Ons wil net verseker dat hulle gedek is vir duur en lewensbelangrikke behandelinge wat maar gepaard gaan met die ouderdomJ

Die maandelikse premie sal ongeveer R2500.00 wees. Ween die aard van die wisselvallige stroompie wat in my pa se rekening invlooi kan hy dit nie vir ‘n aftrekorder gebruik nie. Ek sal die maandelikse premie van my rekening laat afgaan en ons kan maandeliks die eerste R500.00 bydrae.

Ons vra asseblief of daar moontlik nog 4 mense is wat ook maandeliks R500.00 kan bydrae sodat ons my ouers op ‘n mediese fonds kan kry. Dit sal voorkom dat ons nie moontlik later baie meer moet bymekaar kry nie.

Kontak my asseblief by 0828726333 of [email protected] indien u ‘n maandelikse bydrae kan lewer. Ons sal u hulp baie waardeer.

Groete  -  Henda, Andre en Jaco van Staden


     Ek kon 'n groot stuk 2de handse skadunet kry en glo dat ek vandag nog afval stukke gaan kry en Witfield Wes gee 16 stoele en Two Bob se lap pop :-) wat vanaand gebring word en ek glo 'n groot driepoot gaan hier aan gestap kom, moet nog by Sakkie uit kom!!

    Two Bob se lap top werk perfek en sy kry dit more in Gaborone.

    Baie dankie vir jou vriendskap.   Onthou - iemand wat sê dat God nie daar is nie - is soos 'n vis wat sê dat daar nie water is nie.

  

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!

    

Dina sel  +267 736 803 51  

Gawi + 267 713 698 57 of  + 267 73 696 737    of  sms   0721 580 587           http://xanagas-com1.webs.com/



Dis nogal aardig om voor kinders te staan sonder 'n tolk.

Posted by G Joubert on February 23, 2013 at 3:10 AM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 

Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)



    Dis nogal aardig om voor kinders te staan sonder 'n tolk.   Jy weet hulle Engels is BAIE swak.   Jy weet nie wat om te doen nie en hier stap 'n onbekende nuwe onderwyseres in en tolk en die Woord vloei en kinders hoor en glo.    Ons Vader het weer wonderlik gesorg.

    Na die tyd ontmoet jy die vrou en vind uit dat sy jare gelede op hierdie selfde hout bankies gesit het.  GLORY!!  Nou is sy 'n pragtige volwasse vrou in Christus en deel van Sy liggaam en plan en diensbaar.  Dit maak my opgewonde!

    Dankie dat jy help dat ons hier kan bly woon en werk.

    Dankie dat jy gebid en gegee het dat ek die week Gaborone toe en Pretoria toe kan gaan.  Het 'n afspraak Vrydag 1 Maart met my oog en tandarts.

     Die budget vir skadunet is nog nie genoeg nie - glo dit sal kom.  Het 'n belofte vir 'n groot stuk 2 de handse net ook - dankie Vader.   Moet eintlik stoele ook koop.

    Ek is beskikbaar om Sondag 3 Maart 'n woordjie te sê iewers waar nodig.  Reël asb.

    Sal graag 'n 'n kuiertjie wou kuier as jy naby is - bel of sms 0721 580 587 - ek kom so 7 of 8 Maart terug.

   

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!

Dis nie wat ons sien nie - dis Wie ons nie sien nie!!

Posted by G Joubert on February 19, 2013 at 4:05 AM Comments comments (0)

 "Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 

Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)

   

Dis nie wat ons sien nie - dis Wie ons nie sien nie!!

    Ek het so half depressief geraak want die gras is spierwit en dit reën net 'n paar druppels.   Vanoggend vroeg toe hoor ek weer Heb 11:1 "Don't walk by sight - walk by faith."   Hy wie ons nie sien nie is meer konkreet as wat ons sien.

    Soos Habakuk sê - al is die skaapkraal en bank leeg - ek verlustig my in die Here - ons Vader sorg en gee reën op Sy tyd.

    New Xanagas se spanne doen dit toe weer - sokker en netbal het gewen !    As jy die spannetjie so kyk dan kan jy nie dink hulle kan wen nie.  Die afrigter Victor vir wie ek so 'n paar jaar gelede - terwyl hy dronk gesit het - gesê het "Your name is Victorious - be Victorious in Christ".    Hy het daar opgestaan en is nou 'n leier en afrigter.  Hy sê dat die ander spanne glo in toordery "  ...but we exercise and pray!"    Hulle het P5000 gewen en druk deur na die volgende rondte.   GLORY !!

    Eintlik moet ek sê :  S. O. S.  !!!     Ek moet Pretoria toe gaan - want:

Two Bob het 'n laptop gekry - dankie dat jy gebid het - ek moet dit gaan haal en by 'n IT vriend kry.

Two Bob het 'n Lap Pop ook gekry - iemand het nie so mooi gehoor nie!  Ek gaan beslis die lap pop haal.  Dankie!!

My oog het so verbeter dat die bril se regter lens vervang moet word.  Gaan heelwat kos.

Ek moet by 'n tandarts uit kom - hulle werk ook nie verniet nie.

Die skadunet voorraad vir huisies ensovoorts is klaar - ek koop off-cuts by Knittex in Randfontein wat perfek is en baie goedkoper is.

Ek moet vir projek vergaderings gaan - brand om jou te vertel van wat gebeur - sal later wanneer dit meer konkreet is.

    So - Dankie Vader - U sorg op U manier.

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!

    

Wat 'n fees was die kruis planting!

Posted by Gawi on January 31, 2013 at 5:30 PM Comments comments (0)

"Vader, ons leef in U en beweeg in U en is in U.   (Hand. 17:28) 

Christus Jesus, U is Lewe, Waarheid en die Pad." (Joh. 14:6)

  


Wat 'n fees was die kruis planting!      

                                                      

Ek glo jare van hier af - gaan die mense in New Xanagas praat van hulle lewe as VOOR die kruis en NA die kruis.    Hier het 'n paar dinge gebeur wat geen mens gereël het nie.

    Kous van Rustenburg het net by die Heilige Gees gehoor dat hy vir Gawi moet gaan help - hy het dadelik begin ryloop en toe ek en Johan van Whk af kom was hy hier om saam te gaan.   Kous het niks van die planting geweet nie.   Ons Vader het alles PERFEK gereël.

     Vandat ons in New Xanagas gestop het was daar 'n stroom mense wat gekom het vir beraad en gebed.  Ons het tot vir Spokes - doofstom - gebid, hy beduie met 'n groot glimlag na sy ore - sal later hoor wat gebeur.   Behalwe vir die geestelike deel wat onmeetbaar kosbaar was het Kous en Johan gehelp met die fisiese planting.

       Jy kan self dink - die lang paal is 12 meter, met die 3m dwarsbalk was dit BAIE swaar.  Ons het dit regop gedruk met die Glory Lorry - jy het intelligente hulp nodig om te beduie.  Sien foto.   Kom kuier!!

     Ek kon toe net 9 rolle draad koop vir die lande - stroom het opgehou - ons Vader dink seker dis genoeg - vir nou.  Ons sê saam DANKIE VADER vir REëN - Dankie Jesus.

    My prostaat telling is laer - GLORY!!

    Ek moet RSA toe gaan om 'n ander lens vir my bril te kry en terselfdertyd skadunet.  Sal dit doen sodra daar genoeg water is wat daarin kan verander.   Dit sal op die volmaakte tyd wees.

    Twobob het nog nie 'n laptop nie.   Sy sê van die ander studente - almal ouerig in haar klas moet vêr bus ry met groot koste.  GLORY!! Dat sy blyplek het binne stap afstand.

    ALWAYS, ALWAYS, ALWAYS - FULLY REALISE - ACCEPT - UNDERSTAND, this challenge or problem is just a learning session in your school on earth.   You have always access to our Father Who is God - Loving and Intelligence who resolve every problem the perfect way - and then you are lifted up beyond the reach of panic and pain.

    Ek sien Panic en Pain as 2 honde - jy onthou mos as mens slag, dan hang jy die vleis oornag hoog aan 'n boom tak en slaap rustig - die honde kan maar spring - vleis is veilig!      

                Mooi dag en BLESSINGS vir jou !!    DANKIE!!!!!!      DANKIE!!!!!!!!!!!


Rss_feed